Screen Size

STUDIENUUS

TREINE, TONNELS & TRANE: HOE OM JOU KIND TE LEER OM EMOSIES TE VERWERK

October 29, 2018
TREINE, TONNELS & TRANE: HOE OM JOU KIND TE LEER OM EMOSIES TE VERWERK

'n Huilende kind is 'n dilemma - iets wat onmiddelik opgelos moet word, reg? Wel, dit wil nou volgens meer onlangse bevindinge blyk dat ons as ouers miskien nie so vinnig moet wees om ons kinders te trane te stop nie. In stede beveel kindersorg-kenners nou aan dat ouers toelaat dat hul kinders se emosionele treine deur die ervaringstonnel gaan voor hulle oplossings aanbied.



Kom ons neem 'n stappie terug en verduidelik die trein-en-tonnel analogie: 

TREINE, TONNELS EN TRANE
Dink aan moeilike emosies soos aggressie, frustrasie en hartseer as tonnels, en ons as die treine wat daardeur moet ry om by die lig aan die einde uit te kom. Daar is nie nooduitgange nie, as jy in die middel daarvan stop sit jy in die donker, en dit help niks om die proses aan te jaag nie. Die enigste manier uit is deur.

HOE OM DIT IN JOU OUERSKAPSTYL TE INKORPOREER
As ouers is ons eerste instink om uitermatige emosie in ons kinders (skreeu, huil, ens.) te probeer stopsit deur die situasie uit ons gesigshoek te verduidelik of interpreteer. Bv. as 'n kleuter teen slaaptyd histeries is omdat haar trooskombersie by die kleuterskool agtergebly het en sy nie daarsonder wil gaan slaap nie, sal ons a) verduidelik dat dit net een nag is, b) vra dat hulle 'n groot dogtertjie moet wees of, c) selfs drastiese stappe neem om dit te gaan haal. Ons hoop is om die situasie minder vreesaanjaend te maak, maar in realiteit is ons besig om hul reis deur die tonnel te onderskep.
Dis noodsaaklik dat ons hulle toelaat om 'n emosie totaal en al te voel voor ons 'n oplossing daarvoor soek. Laat haar so bietjie huil. Nee, dis nie lekker as mens in die publiek is nie, maar ouerskap is ook nie aldag maanskyn en rose nie. As ouers is dit ons werk om:
  • Troos te verskaf ten tyde van frustrasie
  • Ons kinders se helende trane toe te laat
  • Empatie te toon gedurende 'n kind se emosionele struwelinge
  • Ons kinders toe te laat om 'n les van nature te leer, nie deur vir hulle te preek nie
  • Ons kind se reis deur die emosionele tonnel te ondersteun
Probeer om hierdie strategie tuis toe te pas en sien of dit 'n verskil maak in hoe jou kind moeilike emosies hanteer. Hou in komende weke en maande 'n oog op ons blog vir nog raad oor ouerskap in die nuwe eeu.


© 2018 Studiemeester - Alle regte voorbehou.  |  Privaatheidsbeleid  |  Vrywaringsklousule  |  Terme & Voorwaardes