Screen Size

STUDIENUUS

TERUGVOER VAN OUERS & LEERLINGE

November 26, 2018
TERUGVOER VAN OUERS & LEERLINGE

Danya Reyneke skryf:
Ek kan nie kla nie my kwartaal het met 11% gestyg.

Ria skryf:
Julle gaan nie n fout maak nie! My kind se punte het baie verbeter vandat hy by #studiemeester is! Al sy leervakke is 79% en op! Ek hoef nie meer te leer nie want hy leer nou self!!

Jolene Spies skryf:
Ons kan bars van trots, ons dogter in Gr 6 het werklik 'n spog rapport huis toe gebring vandag. Met die hulp van Studiemeester is leer baie lekkerder en weet ons niks word oorgesien soos wanneer sy self moet opsommings maak nie. Studiemeester verlig baie druk in ons huis vir ons dogter en ons as ouers.

Porra Natasha vd Westhuizen skryf:
My dogter, Gr 7 in Laerskool Hermanstad toon baie goeie werk te danke aan studiemeester wat 'n verskil maak. Klarisa maak ons super trots. Dankie studiemeester. Studiemeester + Klarise + hardewerk = Goeie punte. Trotse ouers. Dankie julle.

Elmien skryf:
Sonder Studiemeester se hulp sou my dogter in graad 6 nie die punte bereik het wat sy het. Sy is sedertdien nog altyd op die top 10. Baie baie dankie vir julle harde werk om dit vir ons kinders maklik te maak. Ek beveel almal aan om aan te sluit. Beslis die beste hulp ooit!

Martie skryf:
Ek sal beslis Studiemeester aanbeveel. Dit het my dogter baie gehelp in haar matriek jaar. Wens ek het vroeer van SM geweet.
Wil jy registreer? 

Olga skryf:
Ons gebruik Studiemeester vanaf 2016 en is nie 'n dag spyt oor ons keuse nie. Brandon se gemiddeld groei elke kwartaal...

Isabel skryf:
Ons gebruik Studiemeester van Gr5 en dit maak 'n ongelooflike verskil aan my dogter se besige skedule! Ons beplan vooruit om druk te verminder. Handhaaf 'n gemiddeld van 90% vir Gr6. Reeds haar toesprake aangevra vir kwartaal 4! Beplanning + Studiemeester = Wenresep tot sukses!

Lora Venter skryf:
"Julle mense is wonderlik, my seun het laas kwartaal vir SW 29% gekry en die kwartaal 54% en sy tegnologie is van 25% na 57%."

Erika Griessel skryf: 
"Dankie vir jul diens en opsommings. Dis regtig volledig. Danki danki xx"

Alma van Rooyen skryf:
Uitstekend!! Julle help my seun baie en sy punte het regtig opgetel. Maak ons mammas se werk net soveel makliker. Dankie vir jul flikse diens.

Drikus skryf:
My seun het geklim van 76% gemiddeld tot 82% voor die 3de kwartaal. Dankie Studiemeester vir julle hulp.

EB skryf:
Hierdie is nou 'n baie gawe aanbod. Dankie vir jul besonderse bydrae in kinders se skoollewe. Hou so aan!

IC skryf:
Ons sal defnitief gebruik maak van die special en Vrydag die geld inbetaal. Baie dankie vir al julle hulp die laaste 5 jaar.

V. Swart skryf:
L het 30 uit 30 vir haar geloofstaak gekry. Wou julle net laat weet. Baie dankie vir die navorsing wat u gedoen het.

Carel Bezuidenhoud skryf:
Moet sê een van my beste ondekkings is Studiemeester, my oudste Dogter se prestasies oor verskeie vakke het met tussen 15 tot 18% gestyg - thanks julle. 


© 2018 Studiemeester - Alle regte voorbehou.  |  Privaatheidsbeleid  |  Vrywaringsklousule  |  Terme & Voorwaardes