Screen Size

STUDIENUUS

6-DAG TREIN- & BUSTOER - PUIK IDEE VIR SKOLE

November 26, 2018
6-DAG TREIN- & BUSTOER - PUIK IDEE VIR SKOLE

6-DAG TREIN- & BUSTOER: Johannesburg na Kinderstrand, Glenmore, KZN Suidkus - 2019 


Wanneer laas, indien ooit, het die leerders in u skool op ‘n oornagtrein gery? En op dit geslaap? En ‘spoorwegkos’ geëet?  

Het hulle al by die treinvenster uitgekyk terwyl die son sak of deur ‘n lang treintonnel gery?

Het hulle al in die see geswem, op ‘n strand baljaar en ‘n avontuur hindernisbaan aangedurf? Of saam met ‘n hond in die veld gehardloop?

Indien nog nooit nie, gaan reis gerus saam op een van hulle treintoere na die bekende Kinderstrand in Glenmore op die KZN Suidkus. Die Kinderstrand is vir baie ouers (en onderwysers) bekend as een van die plekke waar daar vroeër jare ‘Veldskole’ aangebied was – een van die uitsoek-plekke!

JB Treintoere het reeds so lank gelede as 1976 met toergroepe soontoe gereis en het besluit om weer geskeduleerde toere soontoe aan te bied nadat hulle dit onlangs weer besoek het. Die fasiliteite is in ‘n GOEIE toestand, die kos is nog steeds lekker, die strand is ook nog steeds baie naby en die slaapplekke veilig en skoon.

Die bestuur en bedryf van Kinderstrand is onder die leiding van me. Anneliese Coetzee – ‘n persoon wat reeds dekades lank daar betrokke is.

JB Treintoere bied vir u skoolgroep drie verskillende alternatiewe toerpakkette soontoe aan:
Opsie 1  
6 Dae. Trein soontoe en trein terug - met ‘n Avontuurdag ingesluit
Opsie 2 
5 Dae. Trein soontoe en vlieg terug - met ‘n Avontuurdag ingesluit
Opsie 3 
5 Dae. Trein soontoe en trein terug - met die Avontuurdag uitgesluit

Sien die drie opsies in detail hieronder. Die hele groep moet saam een opsie uitoefen.

Daar is verskeie (28) geskeduleerde datums (almal binne skoolvakansies – Publieke & Onafhanklike skole) in 2019 beskikbaar (sien hieronder), maar u kan ook ander datums aanvra wat u groep sal pas en JB Treintoere sal die beskikbaarheid bevestig.

DOEL VAN DIE TOER
‘n Bekostigbare, veilige, interessante, nostalgiese, opvoedkundige & lekker toer vir kinders /leerders van alle ouderdomme en beide geslagte. Die toer is geskik vir: Nuwe Leerlingraadslede, Graad 7 afskeid, spanbou, Top 10 Akademiese presteerders per graad, geesvang, sportkamp & -afrigting, nuwe Graad 8’s en vele meer. 

BESTEMMING
Die baie bekende, historiese & goed toegeruste Kinderstrand (waar daar vroeër jare ‘Veldskole’ aangebied is). Dit is geleë in Glenmore op die KZN Suidkus, sowat 160 km ten suide van Durban. 

VERBLYF
Die oord kan 120 leerders in 4 ruim slaaplokale huisves, asook in 2-bed kamers vir toesighouers /onderwysers wat saamreis. Daar is voldoende storte (en selfs ‘n paar baddens) met warm- en kouewater. Daar is ook ‘n klein snoepie op die terrein, asook ‘n klein winkeltjie met eet- en drinkgoed oppad na die strand. Die strand is sowat 350 m vanaf die Kinderstrand-kompleks geleë. Daar is lewensredders aan diens. Daar is ook buitestorte vir wanneer die leerders van die strand af kom om die sand af te spoel. 

ETES EN BEDDEGOED
3 x Goeie etes per dag, asook beddegoed op die trein en by Kinderstrand, is by die toerpakket ingesluit. Alle etes is ‘n vaste, maar afwisselende, spyskaart. Die etes word in ‘n ruim eetsaal bedien. Eetware en messegoed word voorsien. 

VERVOER
Die groepe reis met die Toeristeklas trein (Shosholoza Meyl) en 60-sitplek semi-luukse busse van ‘n maatskappy met goeie Bona Fides en ‘n puik veiligheidsrekord. 
 
VERTREKPUNT
Johannesburg Park stasie in Rissikstraat. (Groepe kan met die Gautrein na JHB Park stasie reis).

BESKIKBARE OPSIES in 2019 & TOERPRYSE
Opsie 1
6 Dae. Trein soontoe en trein terug - met ‘n Avontuurdag ingesluit R3990 per persoon
Vertrek net op Woensdae. 3 Nagte by Kinderstrand.

Opsie 2
5 Dae. Trein soontoe en vlieg terug - met ‘n Avontuurdag ingesluit R4650 per persoon
Vertrek op Woensdae en Sondae. 3 Nagte by Kinderstrand.

Opsie 3
5 Dae. Trein soontoe en trein terug – met die Avontuurdag uitgesluit R3300 per persoon
Vertrek net op Sondae. 2 Nagte by Kinderstrand.

TOERPRYSE
Sien hierbo - vir ‘n minimum van 40 betalende leerders. Een onderwyser/toesighouer reis gratis saam vir elke 10 betalende leerders. 

DEPOSITO 
‘n R1500 per persoon nie-terugbetaalbare deposito word benodig om u toerdatum en plek by Kinderstrand te verseker. Die uitstaande balans is betaalbaar 6 weke voor die vertrekdatum. Indien nie betaal nie verval die bespreking.

INGESLUIT BY DIE TOERPRYS
Tweerigting (retoer) treinrit op die Trans Natal Toeristeklastrein vanaf Johannesburg na Durban (of vlug terug), ontbyt, aandete (net terugreis) & beddegoed op die trein, busvervoer vanaf DBN stasie na Kinderstrand en terug na DBN stasie (of lughawe), drie (of twee) nagte akkommodasie by Kinderstrand, een dag se Avontuurkursus onder leiding van kundiges (Uitgesluit van Opsie # 3), asook drie etes per dag by die Kinderstrand & JB TT toerleier wat saamreis. 

UITGESLUIT VAN DIE TOERPRYS
Persoonlike uitgawes, etes nie hierbo genoem nie, uitstappies (Bv: Besoek aan uShaka Marine World), addisionele busvervoer, Omvattende Reisversekering, fooitjies of kommissie.

AVONTUURDAG
'n Heerlike avontuurdag word deur ervare kundiges aangebied waartydens die kinders touwys gemaak word om op ‘n kajak te roei, hindernisbaan aan te durf, spanbou-oefeninge doen en speletjies speel. Daar word ook strandvermaak aangebied. ‘High & low ropes’, muurklim, ‘Zip line’ & veiligheidpraatjies word ook gedoen.       

UITSTAPPIES
Die groep sal op die laaste dag in KZN, oppad na die DBN stasie of lughawe, by uShaka Marine World deurbring. Toegang beloop tans R210 per persoon wat toegang tot ‘Wet ‘n Wild’, asook tot die Akwarium, gee. Hierdie besoek is NIE by die toerprys ingesluit nie. (JB Treintoere sal namens jul groep vir groep-afslag onderhandel).

Dit sluit ‘n dolfynvertoning in. Daar is ook nog ander aktiwiteite (touklim, ens.) beskikbaar teen ekstra kostes. Die hekke open normaalweg om 09:00 en sluit om 17:00. Indien u groep nie uShaka Marine World wil besoek nie, kan die groep tyd op die Durban-strand spandeer of later vanaf Kinderstrand vertrek.

BAGASIE
Passasiers word aangemoedig om net die nodige kleredrag saam te neem. Dagdrag, swemklere en nagklere, asook handdoeke, persoonlike higiëne- en toiletware. Die maks. massa is een tas van 20 kg & een handbagasie van maks. 7 kg.

AKSIE
Indien u skool belangstel om hierdie toer mee te maak, stel hulle voor dat u besin en vroegtydig bespreek. Bevestig asseblief net eers u voorkeur-toerdatums met hulle sodat hulle beskikbaarheid kan bevestig.

BESPREKING OP DIE TOER
E-pos info@jbtours.co.za of besoek hulle webblad www.jbtours.co.za vir die Besprekingsvorm wat elke persoon volledig moet voltooi & aan hulle direk stuur. Dit is belangrik dat die Naam en Van op die Besprekingsvorm moet presies ooreenstem met die Naam & Van op die persoon se ID of paspoort. JB Treintoere benodig dit vir die vliegkaartjie se bespreking (indien u groep sou terugvlieg). Onthou om u deposito se Betalingsbewys saam aan hulle direk te stuur. 


© 2018 Studiemeester - Alle regte voorbehou.  |  Privaatheidsbeleid  |  Vrywaringsklousule  |  Terme & Voorwaardes