Die Toetstas vir leervakke word ongelukkig NIE op VERSOEK gedoen NIE. Dit word deur ons span aangevul soos die inhoud beskikbaar is.
Hoërskool
Departementele vraestelle – Ons laai vraestelle soos dit beskikbaar is van die Departement van Onderwys.
Algemene/handboek vraestelle – Word saamgestel uit die handboeke volgens elke handboek se kwartaal.
Wiskunde – Alle graad 7 tot 12 wiskunde word volgens onderwerpe opgestel en gelaai.
Ons werk uit alle CAPS-goedgekeurde handboeke om oefentoetse op te stel.
Om ‘n wiskundige toets op te stel vir graad 7 – 12 benodig ons die volgende:
- Naam van onderwerp
- Graad
- Wiskunde of Wiskunde geletterdheid
Tale – Ons bied oefen toetse met memorandums om te verseker dat leerlinge ten volle voorbereid is vir toetsreekse en eksamens.
Daar is ook gemengde oefen toetse soos wat leerlinge in die eksamen sal ontvang asook individuele oefen toetse om te verseker dat leerlinge spesifieke konsepte ten volle begryp en verstaan.
Studiemeester bied ook verskillende begripstoetse met memorandums om leerlinge te help om hul leesbegrip-vaardighede te verbeter.
Laerskool
Departementele vraestelle – Ons laai vraestelle soos dit beskikbaar is van die Departement van Onderwys.
Daar is twee afdelings by die leervakke se toetstas –
Toets jouself – Vraag-en-antwoord opsommings sonder antwoorde wat leerders kan gebruik om hulself te toets met die memorandum.
Voorbeeld Vraestel - Ons het ‘n voorbeeld vraestel saamgestel van elke kwartaal in die handboek met ‘n memorandum.
Wiskunde - Die oefeninge vir Wiskunde word volgens die CAPS handboeke se inhoudsopgawes opgestel.
Om ‘n Wiskundige toets op te stel vir graad 1 -6 word die volgende benodig:
- Skool naam
- Graad
- Handboeknaam
- ISBN nommer
Tale – Ons bied oefen-toets met memorandums om te verseker dat leerlinge ten volle voorbereid is vir toetsreekse en eksamens.
Daar is ook gemengde oefen toetse, asook individuele oefen-toetse om te verseker dat leerlinge spesifieke konsepte ten volle begryp en verstaan.
Studiemeester bied ook verskillende begripstoetse met memorandums om leerlinge te assisteer om hul leesbegrip-vaardighede te verbeter
Juniors (Graad 1 tot 3)
Vir graad 1, 2 en 3 stel ons oefen toetse op uit die CAPS handboeke.