Vir alle inligting met betrekking tot COVID-19, besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webblad by www.sacoronavirus.co.za
Screen Size

STUDIENUUS

Hier is 'n paar goue reëls om jou tiener se selfoon-gebruik te monitor

January 04, 2024
Hier is 'n paar goue reëls om jou tiener se selfoon-gebruik te monitor

Vandag se ouers staan voor 'n unieke uitdaging. Meeste van ons het groot geword in die analoog-era. Ons het natuurlik beweeg van video-kasette na satelliet-TV, van skakeltoegang internet na draadlose tegnologie. Ons kinders aan die ander kant, spesifiek die wat tans in hul tienerjare is, het nie hierdie stelselmatige toetrede tot die opgekoppelde samelewing gehad nie. 

Hulle is so gewoond aan tegnologie dat ons hulle soms soveel vryheid gee om dit te gebruik dat ons hulle eintlik 'n onguns aandoen.  So, wat is die antwoord? Mens kan immers nie jou kind weerhou van die gebruik van tegnologie as jy wil hê dat hulle na behore moet funksioneer in die moderne samelewing nie? Die kort antwoord is nee, maar jy kan hul gebruik daarvan bestuur. 

Hier is 'n paar goue reëls om jou tiener se selfoon-gebruik te monitor:

TREK ‘N LYN IN DIE SAND
Ons moet onthou dat ons kinders se breine steeds ontwikkel, en dat hulle blootstelling aan regte, tasbare ervarings nodig het. Om Farmville te speel is nie naastenby dieselfde ding as om in die groentetuin te spit nie. Stel gebruiksure, en neem hul foon weg en sit dit af wanneer julle gaan slaap.

GESELS GEREELD
Soos altyd, is dit broodnodig om met jou kind te gesels. Bou en onderhou oop lyne van kommunikasie, sodat jou kind die vrymoedigheid sal hê om na jou toe te kom as hulle in enige manier aanlyn geboelie of geviktimiseer word.

HOU BY DIE SKOOLREËLS
Weet wat die skoolreëls rakende selfone is en hou daarby. Mag jou kind 'n selfoon neem? Moet hulle dit inboek? Of word dit glad nie op skoolgronde toegelaat nie? Vind uit en werk dan saam met die onderwysers om dit toe te pas.

DOEN JOU WOORD GESTAND
Sit maatreëls in plek vir die gevolge vir gebruiksoortredings en hou daarby wanneer hulle enigsins oortree. Moenie toegee nie.

TEKEN 'N KONTRAK
Vesting grondbeginsels vir die gebruik van hul selfoon deur 'n kontrak saam te stel wat die reëls uitstippel, en laat beide partye dit onderteken. Op hierdie manier kan daar geen verwarring wees oor jou kind se verantwoordelikhede nie. 

Hierdie maatreëls is 'n goeie begin om beheer te neem van jou kind se selfoongebruik. Op die ou end moet ons onthou dat die doelwit nie is om hul outonomie te kniehalter nie, maar eerder om leiding te gee. Kom lees gerus binnekort weer om meer te wete te kom oor ouerskap in die moderne era.

© 2025 Studiemeester - Alle regte voorbehou.  |  Privaatheidsbeleid  |  Vrywaringsklousule  |  Terme & Voorwaardes