Screen Size

STUDIENUUS

TERUGVOER VAN OUERS & LEERLINGE

February 18, 2019
TERUGVOER VAN OUERS & LEERLINGE

Ek kan nie kla nie; my punte het die kwartaal het met 11% gestyg. (Danya Reyneke) 

Julle gaan nie ʼn fout maak nie! My kind se punte het baie verbeter vandat ons Studiemeester gebruik. Sy punte vir al sy leervakke is 79% of meer. Ek hoef nie meer te leer nie want hy leer nou self! (Ria)

Ons kan bars van trots; ons Graad 6-dogter dogter het werklik 'n spog-rapport huis toe gebring vandag! Met die hulp van Studiemeester is leer vir haar baie lekkerder en weet ons niks word oorgesien soos wanneer sy self opsommings moet maak nie. Studiemeester verlig baie druk in ons huis vir beide ons dogter, en ons as ouers. (Jolene Spies)

My dogter is Graad 7 in Laerskool Hermanstad en lewer baie goeie werk te danke aan Studiemeester wat ʼn groot verskil maak. Studiemeester + Klarise + harde werk = goeie punte! Ons is werklik trotse ouers. Dankie Studiemeester. (Natasha van der Westhuizen)

Sonder Studiemeester se hulp sou my dogter in Graad 6 nie die punte behaal het wat sy het nie. Sy is sedertdien nog altyd op die top 10. Baie, baie dankie vir julle harde werk om dit vir ons kinders maklik te maak. Ek beveel vir almal aan om aan te sluit – dis beslis die beste hulp ooit! (Elmien)

Ek sal beslis Studiemeester aanbeveel. Dit het my dogter baie gehelp in haar matriekjaar. Ek wens ek het vroeër van Studiemeester geweet! (Martie)

Ons gebruik Studiemeester vanaf 2016 en is nog nie 'n dag spyt oor ons keuse nie. Brandon se gemiddeld groei elke kwartaal. (Olga)

Ons gebruik Studiemeester vanaf ons kind in Graad 5 is en dit maak 'n ongelooflike verskil aan my dogter se besige skedule! Ons beplan vooruit om druk te verminder. Sy handhaaf tans 'n gemiddeld van 90% vir Graad 6 en het reeds haar toesprake aangevra vir kwartaal 4! Beplanning + Studiemeester = wenresep tot sukses! (Isabel)

Studiemeester is wonderlik. My seun het laas kwartaal vir SW 29% gekry en die kwartaal 54%. Sy punte vir tegnologie het ook verbeter vanaf 25% na 57%. (Lora Venter)
Ek is altyd ingenome met Studiemeester se diens en opsommings. Dis regtig volledig. (Erika Griessel)

Studiemeester is uitstekend. Hulle help my seun baie en sy punte het regtig opgetel. Hul flinke diens maak ons mammas se werk net soveel makliker. (Alma van Rooyen)
My seun se gemiddeld het gestyg vanaf 76% tot 82% voor die derde kwartaal danksy Studiemeester se hulp. (Drikus)

Dankie vir jul besonderse bydrae in kinders se skoollewe. Hou so aan! (EB)

Ons maak al vir 5 jaar gebruik van Studiemeester en sal beslis daarmee volhou. (IC)

Ek wou net laat weet dat my dogter volpunte behaal het vir die geloofstaak wat sy ingedien het. Dankie vir al die navorsing wat julle gedoen het! (V Swart)

Studiemeester is beslis een van my beste ontdekkings. My oudste dogter se prestasies oor verskeie vakke het met tussen 15 tot 18% gestyg. (Carel Bezuidenhoud)


© 2019 Studiemeester - Alle regte voorbehou.  |  Privaatheidsbeleid  |  Vrywaringsklousule  |  Terme & Voorwaardes