Screen Size

STUDIENUUS

BLACK FRIDAY’ VVV’S

November 25, 2019
BLACK FRIDAY’ VVV’S

1. Hoe lank is die ‘Black Friday’ aanbod beskikbaar?
SLEGS 25 - 29 November 2019 (Geen uitsonderings sal aanvaar word voor of na die datum nie)

2. Wat is die betaling opsies?
EFT
Kredietkaart

3. Wat is die kostes?
Daar is twee opsies vir betaling:

Opsie 1: (Betaal die totaal van opsie 2 af in 2 paaiemente) 
Graad 1 – 3 (2020 Graad) is R500.00 per leerder deposito dadelik betaalbaar en die uitstaande R500 teen die einde Desember 2019
Graad 4 – 12 (2020 Graad) is R750.00 per leerder deposito dadelik betaalbaar en die uitstaande R750 teen die einde Desember 2019

Opsie 2: Volle bedrag betaal
Graad 1 – 3 (2020 Graad) is R1000.00 per leerder
Graad 4 – 12 (2020 Graad) is R1500.00 per leerder
Indien opsie 2 gekies word staan u kans om ‘n vakansie te wen by Magalies Park in Hartebeespoortdam ter waarde van R18 500. Die wenner sal die 4de Desember 2019 aangekondig word!

4. Ek is ‘n huidige kliënt en ek betaal nou tans per debietorder, hoe gaan die “Black Friday” betaling werk?
Die debietorder wat u geteken het vir 12 maande moet eers verstrek, daarna sal die “Black Friday” betaling intree vir nog 12 maande

5. Ek is ‘n huidige kliënt en betaal tans eenmalig (12 maande vooruit), hoe gaan die “Black Friday” betaling werk?
Die “Black Friday” betaling sal intree sodra die huidige 12 maande kontrak eindig bv: 15 Februarie 2020 tot 15 Februarie 2021

6. Hoe sluit ek aan as nuwe kliënt?
Jy kan die ‘link’ volg op ons Studiemeester “Facebook” blad
OF gaan op ons webtuiste www.studiemeester.co.za onder “BLACK FRIDAY”

7. Ek is ‘n huidige kliënt, hoe maak ek om te betaal vir ‘Black Friday’?
Jy kan die ‘link’ volg op ons Studiemeester “Facebook” blad
OF op ons webtuiste www.studiemeester.co.za onder “BLACK FRIDAY”

8. Hoe lank neem dit voor ek terugvoering ontvang vanaf Studiemeester ivm. my ‘Black Friday’ betaling?
HUIDIGE KLIëNT: Sodra ons deur u profiel gewerk het, sal ons ‘n e-pos stuur met die datum waarop die “Black Friday” betaling in werking sal tree. (LET WEL: Daar is baie betalings om deur te werk, so ons vra GROOT asseblief dat u geduldig sal wees met die Administratiewe afdeling)

• NUWE KLIëNT: Alle aktiverings word in Januarie 2020 gedoen, u sal in Januarie 2020 ‘n   aktiverings e-pos ontvang met ‘n handboeklys


9. Ek is ‘n nuwe kliënt, wanneer sal my ‘Black Friday’ betaling inwerking tree?
Vanaf 1 Januarie 2020 tot 1 Januarie 2021

10. Ek het nog geen terugvoering vanaf Studiemeester ontvang nie?
Kyk in u “SPAM folder”
Studiemeester sal teen einde Januarie 2020 alle e-posse rakende “Black Friday” uitgestuur hê. Indien u nog geen e-pos ontvang het nie, skakel gerus die Administratiewe Departement

11. Hoe weet ek of Studiemeester my betaling ontvang het?
Indien julle teen einde Januarie 2020 nog geen e-pos vanaf Studiemeester ontvang het nie, laat weet Studiemeester asseblief dadelik, sodat ons kan kyk wat die probleem is. E-pos blackfriday@studiemeester.co.za. 

© 2019 Studiemeester - Alle regte voorbehou.  |  Privaatheidsbeleid  |  Vrywaringsklousule  |  Terme & Voorwaardes