Vir alle inligting met betrekking tot COVID-19, besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webblad by www.sacoronavirus.co.za
Screen Size

STUDIENUUS

Eerste kind positief vir korona in SA

March 17, 2020
Eerste kind positief vir korona in SA

Die eerste geval van ʼn kind wat met die koronavirus gediagnoseer is, is Maandag aangemeld.

Argieffoto (Durban) (3 Maart 2020) (Foto: Leon Lestrade/African News Agency/ANA)

 

Die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal het Maandag bevestig dat ʼn graad R-leerder aan ʼn skool in Richardsbaai positief getoets het vir Covid-19. Die skool is gevolglik gesluit.

 

Ons kan bevestig dat ʼn graad R-leerder aan Richards Bay Primary School positief getoets het vir die virus. Die skool is gesluit nadat 17 leerders in dieselfde klas ook simptome begin toon het wat verband hou met die koronavirus,” het Kwazi Mshengu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, gesê.

 

Hy sê volgens inligting tot die departement se beskikking, werk die meisie se ma by ʼn bank en werk sy gereeld met kontant wat uit die buiteland kom.

 

Dit is die eerste geval waar ʼn kind positief toets vir die virus in Suid-Afrika, en ook die eerste keer wat die pasiënt nie oorsee gereis het voor die virus opgedoen is nie.

 

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

  

Maroela Media het Sondag berig dat skole reg oor die land van eerskomende Woensdag tot net na Paasnaweek gesluit sal wees om die verspreiding van die virus te voorkom. Die meeste universiteite het ook reeds alle akademiese aktiwiteite opgeskort. Die Noordwes-Universiteit kon teen Maandagaand nog nie sê of dié universiteit ook sy deure sou sluit nie. Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê ʼn besluit is geneem, maar hy wou dit nie aan die media bekendmaak alvorens die studente en personeel nie in kennis gestel is nie.

 

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het ook alle oefenkampe, insluitend Springbok-mans- en vrouekampe, tot 14 April uitgestel. Jeugtoernooie en die Curriebeker-reeks gaan egter steeds voort soos beplan, maar sal in April hersien word.

 

SANParke het wel aangekondig dat hul parke oop bly te midde van die verspreiding van die virus. “Ons het bykomende skoonmaakmaatreëls  geïmplementeer en besoekers aangemoedig om goeie higiëne toe te pas.


Bron: Maroela Media - Eerste kind positief vir korona in SA

© 2020 Studiemeester - Alle regte voorbehou.  |  Privaatheidsbeleid  |  Vrywaringsklousule  |  Terme & Voorwaardes