Vir alle inligting met betrekking tot COVID-19, besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webblad by www.sacoronavirus.co.za
Screen Size

STUDIENUUS

PA EN MA, HOU ASB UIT MET MY!

July 02, 2021
PA EN MA, HOU ASB UIT MET MY!

Liewe Ma en Pa 

Hou asseblief uit met my. 

Ek kan nie nou mooi helder dink nie, want daar is ʼn groot gedeelte van my prefrontale korteks wat nog nie bestaan nie. Dit is baie belangrike gedeeltes wat te doen het met rasionele denke, en dit sal nie volledig ontwikkel wees tot ek 25 is nie. Van waar ek nou is, is 25 nog ʼn lang pad. 

Hier is wat ek wil hê my ouers moet verstaan: 
My brein is nog nie volledig ontwikkel nie
Dit maak nie saak dat ek slim is nie, selfs perfekte punte op my wiskunde toets vrywaar my nie van die normale ontwikkelsfases daardeur alle kinders my ouderdom moet gaan nie. Oordeel en intelligensie is twee heeltemal verskillende dinge.
Dieselfde ding wat my brein so wonderbaarlik buigsaam, kreatief en sponsagtig maak, maak my ook impulsief. Nie noodwendig roekeloos of nalatig nie, maar meer impulsief as wat ek later in my lewe sal wees.
Hou asseblief uit met my. 
Wanneer jy my aankyk asof ek tien koppe het wanneer ek iets ‘simpel’ gedoen het of nagelaat het om die ‘slim’ ding te doen, help jy my nie regtig nie. 
As volwassenes reageer julle op situasies met julle prefrontale korteks (rasioneel), maar ek is meer geneig om met my amigdala (emosioneel) te reageer. Wanneer julle vra: "Wat het jy gedink?" is die antwoord is dat ek nie het nie, of ten minste nie soos jy sou nie. Jy kan my blameer, of jy kan die natuur blameer, maar dis hoe dinge is.
Op hierdie punt in my lewe verstaan ek dat julle vir my lief is, maar my vriende is nou my alles. Verstaan dit asseblief. Ek kies nou my vriende bo alles, maar ek hou julle ook dop. Baie versigtig. 
Hou asseblief uit met my. 

Hier is wat julle vir my kan doen. 
1. Wys vir my hoe grootmense maak 
Ek sien hoe julle optree en hoor die woorde wat julle gebruik. Ek mag dalk nie luister nie, maar ek hoor. Dit mag dalk voel asof julle advies nie tot my deurdring nie en ek weet dis frustrerend. Maar ek belowe as julle aanhou om vir my die regte manier te wys om dinge te doen, ek mettertyd sal volg al draai ek eers op allerhande afdraaipaadjies af voor ons die bestemming bereik. 

2. Laat my dinge self uitpluis 
As julle my nie toelaat om die gevolge van my eie aksies te ervaar nie sal ek nooit daarvan leer nie. Gee my asseblief meer speling en laat my verstaan dat ek dinge op my eie kan uitpluis. Hoe meer ek self doen, hoe meer vertroue en veerkragtigheid sal ek ontwikkel.

3. Vertel my jou stories
Ek wil hê jy moet vir my al die stories vertel van die mal goed wat jy as ʼn tiener gedoen het en wat jy daaruit geleer het. Gee my dan die spasie om dieselfde te doen. 

4. Help my met perspektief
Hou aan om my te herinner om die groot prentjie in gedagte te hou. Ek sal moontlik my oë rol of ʼn verskeidenheid steungeluide maak. Ek sal jou op ʼn klomp maniere laat verstaan dat jy nie moontlik kan verstaan waardeur ek gaan nie. Maar, ek luister – regtig. Dis moeilik vir my om verby die spul onkruid te sien waarin ek tans vasgewoel is. Help my om verby my eie voete te kyk en die lang pad vorentoe te sien. Herinner my dat hierdie moeilike oomblik gaan verby gaan. 

5. Hou my veilig
Herinner my asseblief dat dwelms, drank en voertuie nie ʼn goeie mengsel is nie. Hou aan om my gerus te stel dat jy my uit enige gevaarlike situasie sal kom haal sonder om vir my kwaad te wees, vrae te vra of dit teen my te hou. Laat my oor en oor verstaan dat jy daar is om te luister wanneer ek jou nodig het. 

6. Wees goedhartig
Ek sal goedhartigheid van jou leer en as jy onverpoosd goedhartig teenoor my is sal ek eendag hierdie gedrag naboots. Moenie my spot nie en moenie wreed teenoor my wees nie. Ek dink op hierdie stadium ek weet alles, en jy het ook so gedink op hierdie ouderdom. Laat staan maar die irritasie. 

7. Toon belangstelling in die dinge wat ek geniet
Daar sal dae wees wat ek probeer om my belangstellings met jou te deel en dit sal my laat goed voel as jy hierde belangstellings bekragtig deur belangstelling te toon. 
Eendag wanneer hierdie waas van tienderdom lig, sal jy 'n selfversekerde, sterk, bekwame, vriendelike volwassene vind waar 'n norse tiener eens gestaan het. Maar intussen gaan dinge maar woes wees vir 'n ruk.

Hou asseblief uit met my. 
Liefde 
Jou Tiener

Oorspronklik deur Helene Wingens >>  www.grownandflown.com

© 2021 Studiemeester - Alle regte voorbehou.  |  Privaatheidsbeleid  |  Vrywaringsklousule  |  Terme & Voorwaardes