Voel dit of jy besig is om jou kind te verloor?
January 04, 2024
Dit kan voel asof jy besig is om jou kind te verloor gedurende hul tienerjare, selfs al is hulle reg daar voor jou.
Die een dag lag jy nog lekker saam, die volgende voel jy asof jy saam met 'n vreemdeling sit wat jy van geen kant af ken nie.
Hulle raak dalk onherkenbaar, groei 5cm in die kwessie van ses maande.
Hulle persoonlikhede kan verander, van oulik en liefdevol, na sarkasties en stil.
Hulle kan in 'n oogwink hulle belangstellings, fokus en drome verander sonder om jou te laat weet.
Jy verloor hulle aan hul fone, hul kamers, hul vriende, hul aktiwiteite, en hul werke.
Jy voel dalk hoe jy desperaat probeer vasklou aan die kind wat jy eens geken het, die een wat so vreeslik lief was vir jou, waarmee jy oor die weg gekom het, wie se hand jy gedink het jy vir altyd sal vashou.
Jy mag dalk wil huil van die aanhoudende verwerping. Jy kan verlore voel wanneer jy hulle nie terug op die spoor kan rem nie. Jy kan nikswerd voel wanneer hulle jou ignoreer of teen jou draai.
Mettertyd kan jy selfs ongeduldig raak met die status van julle verhouding. Gefrustreerd raak met die stampe en stote. Jy sal begin rou vir wat eens was.
Jy sal terugtrek. Minder praat. Van vêr af dophou.
Jy sal enige interaksie verwelkom, al is dit op hulle terme.
Jy sal leer om te kies wanneer om te baklei omdat jy vuisvoos is van al die redekawel.
Jy sal probeer beskikbaar bly selfs wanneer hulle alewig onbeskikbaar is.
Dan sal daar een dag, wanneer jy dit die minste verwag, 'n skuif kom.
Jy sal klein grepe begin sien van die mens wat hulle besig is om te raak, en begin uitsien om te sien wie hulle gaan word, en wat hulle met hul lewens gaan doen.
Jy sal begin leer oor hulle nuwe belangstellings, nuwe passies, en hul nuwe verstaan van hulself.
Jy sal 'n nuwe verhouding begin kweek - een waarin jy nie meer hul son is nie. Jou werk word dan om hul maan te wees, verbind deur 'n fors so sterk dat dit nooit sal breek nie. Jy sal hul agterna volg, om lig in hul donkerste oomblikke te gee, en rigting aan te dui wanneer nodig. Partykeer sal jou teenwoordigheid groot en beduidend wees, ander kere klein, skaars sigbaar met die naakte ook. Maar jy sal altyd daar wees.
Dit sal nie perfek wees nie. Dit sal nie wees wat dit was nie.
Maar as jy dit kan oorleef om jou tiener vir 'n rukkie te verloor, kan dit wat gebeur wanneer hulle na jou terugkeer selfs nog mooier wees.
❤ Geskryf deur Whitney Fleming Writes